Wereldwyeweb Konsortium kondig die bekendstelling van hul Suid- Afrikaanse Kantoor aan

http://www.w3.org/ -- 24 April 2007 -- Die W�reldwyeweb Konsortium (W3C) kondig die bekendstelling van hul Suid- Afrikaanse Kantoor aan en nooi deskundiges in die streek uit om deel te neem aan die internasionale poging vir die ontwikkeling van Webstandaarde by die W3K. Die Meraka Instituut, �n sentrum wat deur die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad(WNNR) in Pretoria, Suid-Afrika bestuur word, is die gasheer vir die kantoor.

W3K nooi die publiek en die pers om die openingseremonie wat by die WNNR Konvensie Sentrum in Pretoria op 14 Mei plaasvind, by te woon. Verteenwoordigers van die industrie en akademiese leiers in Suider-Afrika sal oor die stand van Inligtings Kommunikasie en Tegnologie (IKT) praat en die W3K personeel sal jongste werke aanbied. Die lys van sprekers by die geleentheid sluit die volgende in:

  • Mr. Quentin Williams, Bestuurder van die Suider-Afrika Kantoor
  • Dr. Daniel Dardailler, W3K Mede-Voorsitter
  • Mr. Stephane Boyera

Vir bywoning stuur asseblief �n e-pos met jou naam, titel, maatskappy en kontak besonderhede aan Dikeledi Moche<dmoche@csir.co.za> by +27 12 841 2110 .

Suid-Afrika Ondervind Dramatiese Groei in IT Telekommunikasie

Die Suid-Afrikaanse Kantoor bedien die streek wat as Suider-Afrika deur die Verenigde Nasies en die Suider-Afrika Doeane Unie gedefinieer is. Die lande sluit Botswana, Lesotho, Namibi�, Suid-Afrika en Swaziland in.

Suid-Afrika tel onder die top 20 in die w�reld in telekommunikasie-ontwikkeling en Internet gebruik. Gegewe die aansienlike groei in Mobiele- en Internet gebruik, is daar �n groot aantal plaaslike maatskappye wat �n vastrapplek in die streek, sowel as die groter Afrika vasteland wil vestig. Die meeste van hulle het besef dit is slegs deur die innoverende gebruik van webtegnologie dat hulle �n aansienlike voorsprong en hul voortgesette groei kan waarborg. Hierdie areas word almal nouliks met die werk van die W3K geassosieer.

Die Meraka Instituut Bring Streekskundigheid in die IKT na die W3K

Die Meraka Instituut is die eenheid van die WNNR wat op navorsing en ontwikkeling binne die Inligting en Kommunikasie Tegnologie (IKT) terrein fokus. Die WNNR is �n regerings ondersteunende navorsingsraad wat deur �n Wet van die Parlement in 1945 ingestel is. Die Meraka Instituut het vennootskappe in die private/openbare sektor met t�rsiere instellings en gelyksoortige portuur instellings internasionaal.

Een van Meraka se fokuspunte is Vernuwing in IKT, wat lei tot toepassings wat ontwikkelings uitdagings wat Suid-Afrika, die Vasteland en die ontwikkelende lande in die gesig staar, sal aanspreek. Projekte sluit die Nasionale Toeganklikheidsportaal (wat fokus op IKT vir mense met gestremdhede en die bejaardes), Digitale Ingange (Minimale Invallende Onderwys), Draadlose Afrika (grondvlak gemeenskaps eienaars toegang) en IKT in die onderwys het alreeds �n onskatbare impak op die Suid Afrikaanse IKT landskap.

Die fokus tesame met die WNNR het streeksvennootskappe in die industrie en navorsing ingestel, en dit maak die Meraka Instituut die natuurlike keuse vir gasheer vir die W3K Kantoor.

Omtrent die W3K Kantore

Soos die Lede werk om die volle potensiaal van die Web te realiseer, werk die W3K saam met streeksorganisasies om die W3K missie verder te neem. Die W3K Kantore assisteer met die promosie pogings in plaaslike tale, help om die W3K se geografiese basis uit te brei en moedig internasionale deelname in W3K Aktiwiteite aan. W3K het kantore in Australi�; die Benelux lande, China Vasteland, Duitsland en Oostenryk; Finland ; Griekeland; Hong Kong; Hongarye; Indi�; Israel; Itali�; Korea; Marokko; Suid-Afrika; Spanje; Swede; en die Verenigde Koninkryk en Ierland.

Omtrent die W�reldwyeweb Konsortium

Die W�reldwyeweb Konsortium (W3K) is �n internasionale konsortium waar die Lidorganisasies, voltydse personeel en die publiek saamwerk vir die ontwikkeling van Webstandaarde. W3K streef hoofsaaklik hul missie na deur die skep van Webstandaarde en riglyne wat geskep is om langtermyn groei vir die Web te verseker. Meer as 400 organisasies is Lid van die Konsortium. W3K word gesamentlik deur die MIT Computer Science and Artificial Intelligence Laboratory ((MIT CSAIL) in die VSA, die European Research Consortium for Informatics and Mathematics ((ERCIM) met die hoofkwartiere in Frankryk, Keio University n Japan, met addisionele Kantore w�reldwyd. , bestuur. Vir meer inligting sien http://www.w3.org/

 

 

Contact Americas, Australia --
Janet Daly, <janet@w3.org>, +1.617.253.5884 or +1.617.253.2613
Contact Europe, Africa and Middle East --
Marie-Claire Forgue, <mcf@w3.org>, +33.492.38.75.94 or +33.676.86.33.41
Contact Asia --
Yasuyuki Hirakawa <chibao@w3.org>, +81.466.49.1170